Monday, September 5, 2016

Lewensvaardigheid : Vervoermiddels

Lewensvaardigheid - Les 1:  Vervoermiddels

(45 minute)


Media en tegnologie:

Video oor vervoer
Uitstalbord wat handel oor vervoer as tema
Prente van vervoermiddels en kleurvolle papier
Blog
Powerpoint met hooftema op bord


Inleiding:

    (Laai Powerpoint met hoof tema op skerm)
    More maats, laas week het ons wilde diere behandel en klaar afgehandel en die week begin ons met verskillende vervoer middels.  Vandag se les handel oor die verskillende tipe vervoermiddels wat ons kry.  Ek het n video wat ek graag vir julle wil speel oor die 3 tipes vervoer middels wat ons kry.  Ek wil hê julle moet mooi luister en kyk wat daar gebeur want ons gaan dan later 'n aktiwiteit oor vervoer middels doen.



    Leer Fase:

    Ons almal het gesien wat die video vir ons gewys het,so juffrou wil nou almal se aandag he deur hier voor na die uitstelbord te kyk.


    Die uistallingsbord wys waar die vervoer middels moet wees. Dit wat in die lug rond beweeg soos n vliegtuig noem ons lugvervoer.  Ons loop op land so dit wat op die land rond ry, alles wat ons na  plekke op land vervoer noem ons landvervoer.  Alles wat op die water kan beweeg en so ook mense na ander lande neem, dit noem ons watervervoer.                                                                                            

    Almal het n aktiwiteit ontvang. Kyk almal op hulle bladsye. Knip alle vervoermiddels mooi uit.  Pas dan elke prentjie waar dit hoort en plak dit netjies.  Julle het 10 minute om dit te voltooi.  Wanneer jul klaar geplak het kan jul die prentjies begin inkleur.




    Afsluit fase:

    (MERK ALMAL SE WERK EN KYK OF HULLE GOED VERSTAAN.) NA 15MINUTE.

    Klas ek sien julle verstaan maar nog nie almal nie. Almal, kom sit hier by my op die mat ,ek gaan nou weer op die uistalbord alles opsom.

    (gebruik weer die uitstalbord om werk te hersien)
    Maats ons almal weet daar is drie soorte vervoer.Almal gaan saam die vervoer tipes opnoem.(KLAS NOEM VERVOER MIDDELS OP.) 

    Volgende week sal ons na seisoene kyk.


    TOTSIENS KLAS.

            

            

    No comments:

    Post a Comment